Hy verstaan

walking2207

Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm.

Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar is seker baie ander vrae wat ons kan vra.

Soveel mense word vandag deur predikers en pastore in ‘n skuldgevoel gedompel as hulle geloof hulle in die steek laat. Dapper probeer mense dan ‘n front voorhou dat alles eintlik honkie-dorrie is, maar môre, op sy eie, spat die glasskerwe van sy lewe in duisend stukkies.

Geloof word egter gebou deurdat jy die resultate sien. (Die volgende storm sou die dissipels anders hanteer het of hoe?) Jesus se uitkoms ervaar, wanneer jy op die pad terugkyk en sien wat Jesus alles vir jou gedoen het. Nou weer aan die anderkant, om sovêr te kom om te vertrou sal dit nodig wees dat jy in die Woord sal delf, tyd sal spandeer in gebed. Daar waar Sy Gees jou kan sterk maak en opbou, kan vul met moed en nuwe krag om Hom wel te vertrou.

Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in Sy heiligdom gaan staan? Die een met die meeste geloof? Nee. Die een wie se hande rein is en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie. Psm 24:3-4

Jesus kan medelye hê met ons swakheid omrede Hyself aan aardse omstandighede blootgestel was. Wanneer jou bene swik en jou moed begewe jou, weet net dat Jesus jou reeds opgetel het en daar slegs een ry voetspore is; Syne

Johann

Scroll to Top