Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel dit is seker nê? Omrede jy nou soveel goedjies kan sien wat jy voorheen nie kon waarneem nie is seker deel van die fasinering. Ek het een keer die voorreg gehad om deur ‘n groot teleskoop na die maan te kyk. Nie die soort wat jy op jou stoep opslaan nie, wel by die sterrewag buite Bloemfontein. Sjoe dis awesome om die maan so van naby te ervaar. Daar was akkedisse en paddas wat ek daar gesien het, een het sowaar vir my tong uitgesteek…toe skrik ek wakker en kom agter dis my gesnork wat my laat hallusineer nê?
Iets interressants was wel die spoed waarteen die maan voor die teleskoop verby beweeg het. Kort-kort moes hulle die teleskoop verstel.
Dan kry jy natuurlik mikroskope. Ongelukkig moet jy weet wat jy wil sien. Inteendeel, jy kan enige iets daar sien wat jy wil. Al wat nodig is om die mense te impress is ‘n af en toe se “oe!” en ‘n “ahh”. Jy sal darem ‘n paar ander manne soos bobbejane laat voel as hulle nie dieselfde “sien” as jy nie.
Ek dink sommer aan ‘n teleskoop op ‘n geweer. As jy ‘n jagter is, is die laaste ding wat jy wil sien mooi gekleurde blommetjies en bye deur die teleskoop of hoe?
Hoe jy na die wêreld kyk as Christen is maar een en dieselfde as om deur ‘n verkyker, miskroskoop of teleskoop te kyk.
Sommiges sien net so ‘n entjie voor hulle, die ander besef nie die verkyker is omgedraai nie. Hulle sukkel om soms perspektief te kry, Soms sien hulle net wat hulle wil. Ander het altyd ander mense en selfs Christene in die visier.
Kyk eerder opnuut deur die oë van Jesus na die wêreld en die mense rondom jou. Efesiërs 4:23 sê dit so mooi, “Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24Lewe as mense wat as beeld van God geskape is; lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig”
Blessings, Johann