Moenie vertroue skend nie

2011-10-18 230623

2011-10-18 230623Almal van ons het ‘n ‘bieg’-persoon nodig; ‘n veilige plek waar ons ons lot kan bekla, waar ons weet dat ons liefde, begrip en ondersteuning sal kry, en waar daar vir ons gebid word. As mense in nood hierdie tipe ondersteuning nie in die kerk kan kry, waar sal hulle dit kry? Dis baie verkeerd om iemand se vertroue te skend. Wat jy gesê het, mag miskien die waarheid wees. Wat daarvan? ‘ ‘n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime.’ (Spreuke 11:13 NLV). Let op die begrippe ‘uitlaat’ en ‘bewaar.’

Die Eed van Hippokrates lui so: ‘Wat ek ook al in die uitvoering van my professie sien of hoor, sal ek nooit uitlap nie; ek beskou sulke dinge as heilige geheime.’ Hierdie eed word deur medici en ander professionele mense in vertrouensposisies afgelê. Dit behoort egter op elkeen van ons ook bindend te wees! Hoe sal jy voel as jou dokter, terapeut, predikant of vertroude vriend jou vertroue skend en al jou geheime uitlap? Seergemaak? Verraai? Hoe ouer ons word, hoe meer besef ons dat daar ‘n ernstige tekort is aan mense op wie ons kan staatmaak om stil te bly, en hoe meer waardeer ons hulle. As jy moes definieer wat ‘n betroubare persoon is, sal die kwaliteit van vertroue nie ook bo-aan jou lys wees nie? Hier is ‘n paar lewensreëls met betrekking tot vertroue:

a) Moenie daaroor praat nie, bid eerder;

b) Moenie kritiseer nie, soek eerder na die goeie;

c) Moenie woede wys nie, wys eerder welwillendheid.

Die manier waarop jy ander mense behandel, is hoe jy behandel sal word.

Bron : Radiokansel (inhoud aangepas)

 

Scroll to Top