
Party van ons is nie seker of God al besluit het of ons een van sy kinders is nie, dus probeer ons heeltyd om sy guns te wen. Hou op daarmee! Ontvang die waarheid dat God, om Christus ontwil, besluit het om jou te seën. En wanneer God ‘n besluit neem, laat geen tydelike situasies of dade van ander mense Hom van besluit verander nie. Daar is niks wat die vyand teen jou kan doen waarvoor God nie alreeds ‘n “uitweg roete” ontwerp het nie. Paulus skryf: “God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan,” (1 Kor. 10:13, NAV).
Let op: (a) In moeilike tye sal jy uitvind hoe getrou God is; (b) Hy weet wat jy kan hanteer en (c) Hy sal “uitkoms” gee, sodat jy sterker aan die anderkant sal uitkom en gereed sal wees vir wat Hy volgende beplan.
Dus, moenie van die plan afwyk nie. Die feit dat jy ‘n probleem het, is ‘n teken dat jy ‘n belofte ontvang het. Wees net geduldig, God sal binnekort die oplossing aan jou gee!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)



