Moenie nou opgee nie!

shattered-dreams101109

shattered-dreams101109Dink jy daaraan om tou op te gee? Die lewe is vol geleenthede om tou op te gooi! Maar as jy nou opgee op jou huwelik, jou bediening, jou werk of jou drome sal jy dit dalk vir die res van jou lewe berou. God kan jou slegs sterker maak en jou laat wen as jy wel die stryd voortsit. F.B. Meyer sê, “Jy ken nie God se mag totdat jy die onmoontlike aanpak nie.” Deur op te gee bou jy nie karakter nie – uithouvermoë doen dit wel. Dit ontwikkel iets in jou wat niks anders kan nie; dit is hoekom God sê dat dit geseënd is. Dit onderhou jou moed, gee jou uithouvermoë en bewaarheid jou drome.

Niemand weet meer van uithouvermoë as Jesus nie. Hy het tot by die kruis uitgehou toe hulle die hare van Sy gesig gepluk het, toe die sweep Sy liggaam geskeur het, toe hulle Hom aan die kruis vasgenael het, toe Sy vriende hom verlaat het en omstanders hom gespot het, toe selfs God Sy gesig van Hom af wegdraai en die hel Hom versoek het om op te gee. Maar nee! Luister: “Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur” (Heb 12:2 NLV).

Onthou, “Wie tot God nader…moet glo dat Hy werklik daar is en dat Hy dié wat na Hom soek, daadwerklik beloon” (Heb 11:6 NLV). Die Bybel sê, “As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind” (Jer 29:13 NLV). Hierdie beloftes geld ook vir jou! Probeer dit gerus! Sê vir God: “Ek gaan aangaan en vertrou dat U vir my die krag gaan gee om deur te breek.” Die kanse is baie goed dat jy sal agterkom dat jy nie so maklik hoef op te gee nie – jy kan meer uithouvermoë as wat jy besef.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top