Moenie eers daaraan dink nie!

opregtigheid2306

opregtigheid2306Uit vrees vir die Israeliete se vinnige bevolkingsaanwas, het die farao die volgende opdrag aan die Hebreeuse vroedvroue gegee: “As julle ‘n Hebreeuse vrou bystaan met geboorte en julle sien by die kraambed dat dit ‘n seun is, moet julle hom doodmaak…” (Eks 1:16 NV). Die woord “kraambed” kan vergelyk word met die woord “pottebakkerswiel”. As die satan jou kan vernietig terwyl jy nog op die pottebakkerswiel is, in die wordingsproses, dan het hy sy doel bereik. Vandag is pornografie een van sy strategieĆ« om veral mans en seuns te vernietig. Dawid se verhouding met Batseba begin met die woorde: “Van die dak af het hy ‘n vrou sien bad. Sy was baie mooi… Dawid het haar laat haal.” (2 Sam 11:2-4 NV).

Toe Dawid terugkyk op hierdie pynlike hoofstuk in sy lewe, het hy geskryf: “In my huis wil ek lewe in opregtheid, niks wat sleg is, wil ek nastreef nie.” Volgens die Chicago Tribune het ‘n sekere Joe van Lockford, Illinois, ‘n regstreekse internet-sekswebblad, Video Fantasy, bedryf. Joe het ‘n tienjarige seun gehad. Op sy tuisrekenaar het Joe filtersagteware gelaai om te beheer wat sy seun op die internet kon doen. Sy verduideliking was: “Ek en my vrou hou fyn dop wat hy lees, wat hy op TV kyk en wat hy op die rekenaar doen, want ons het ‘n verantwoordelikheid om die beste ouers te wees wat ons kan.” Hoe skynheilig! Pornografie is net so verslawend as enige dwelm. Dit liasseer beelde wat jou gedagtes vorm, beelde wat die duiwel kan terugspeel en gebruik om jou te verslaaf. Moet dus nie eers daaraan dink nie!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top