Is Jy ‘n ‘Filippus’?

2012-10-23 193647

2012-10-23 193647Filippus is een van sewe gekose manne wat die Nuwe Testamentiese kerk moes lei. Waarom? Want hy het sekere kwalititeite gehad. Kom ons kyk na twee daarvan:

Hy het die vermoë gehad om deur die Gees gelei te word. Filippus het begin as diaken in die administratiewe afdeling van die gemeente, maar toe ‘n evangelis in Samaria geword. ‘So het dit gebeur dat Filippus by ‘n stad in Samaria gekom het en Christus daar verkondig het. Toe die mense hoor en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy prediking geluister’ (Hand. 8:5-6 NV).

Wel, die gedagte om daar te bly en ‘n groot gemeente te bou, moes vir Filippus baie aantreklik gewees het. Maar God het ander planne gehad. ”n Engel van die Here het vir Filippus gesê: ‘Maak jou klaar en gaan…’ Filippus het toe gegaan…’ (vv. 26-27 NV).

Dink hieroor: as God met jou praat, sê Hy dalk wat jy nie wil hoor of stuur jou waarheen jy nie wil gaan nie. Dalk maak dit jou bang om Sy leiding te vra?

Groot deure swaai op klein skarniere oop. In die woestyn het Filippus die ontmande Ethiopiër ontmoet, wat ‘n hoë pos aan die hof van sy koningin beklee het. Filippus moes hom vir Christus bekeer en doop. Met die Ethiopiër se terugkeer na sy land, het hy baie mense vir die saak van Christus gewerf. Dit het egter net gebeur omdat Filippus sy gemaksone verlaat en God in geloof gevolg het.

Feit is: om ander te lei, moet jy deur God gelei word.

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top