Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Lei ‘n nuwe lewe!
Om jou probleme op jou opvoeding te blameer is niks nuuts nie. Dit begin reeds in Genesis, met die eerste familietwis in die eerste gesin tussen die eerste 2 broers. En ons almal voer dieselfde stryd, want ons is van dieselfde oorsprong. In die eerste disfunksionele gesin het Kain vir Abel aangerand en doodgemaak. Kain se gees is vandag steeds met ons. Dit is waarom ons uit ons jaloerse, mededingende en wraaksugtige gees optree. Soms gebeur dit onder die dekmantel van hoflikheid en samewerking, maar met ‘n onderliggende gees van “kry hom eerste”.
Dit is waar dat ons ‘n produk van ons verlede is, maar ons hoef nie daarin vasgevang te bly nie. “Soos vader, soos seun.” Maak dit jou nie bly wanneer mense jou in jou kinders raaksien nie? Dit verbly ons Hemelse Vader beslis wanneer ons Sy liefde en goedheid weerspieël. Paulus sê: “…trek die nuwe mens aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.” (Ef 4:24 NLV) Let daarop dat Christelike eienskappe nie in eie krag voortgebring kan word nie.
Nuwejaarsvoornemens, wilskrag en goeie bedoelings is nie genoeg nie. Slegs God se Gees kan die nodige veranderinge in jou lewe teweegbring. “Dis mos God wat julle gewillig maak om te doen waarvan Hy hou, en Hy gee julle ook die vermoë om dit te kan doen.” (Fil 2:13 NLV) Goeie nuus: God sal vir jou die begeerte en die krag gee om ‘n nuwe lewe te lei.
In "What the World Owes to Christians" vertel Dr Victor Pearce die verhaal van die ontstaan van die tikmasjien. 'Dis deur 'n Christen, Christopher Sholes,…