Leer om saam met ander te werk (3)

RKGod werk met mense wat weet hoe om saam met ander te werk! Nie “verbruikers” wat hulle uitbrand en eenkant toe weggooi nie. Nie “prima donnas” wat hulle manipuleer vir hulle eie doelwitte nie. Nie “veeboere” wat hulle bymekaarmaak soos beeste nie. Nee, God werk met mense wat ander mense eer, wat hulle talente erken en ontwikkel, wat aan hulle die gepaste beloning gee, wat hulle aanmoedig om hulle volle potensiaal te bereik en, wanneer die regte tyd aanbreek, hulle geseënd wegstuur, beter voorbereid vir hulle volgende opdrag.

Dit is gesond om te stop en met dankbaarheid na te dink aan diegene wat jou gehelp het om te kom waar jy vandag is, om jouself te herinner daaraan dat jy nie ‘n alleen agent is nie, dat jy ander mense gaan benodig om jou te help om God se doel in jou lewe te vervul en om op die volgende plek in jou lewe te kom. Paulus het ‘n hele hoofstuk gewy aan hierdie tipe mense: “Groete vir Priscilla en Akwila, my medewerkers in Christus Jesus wat hulle lewe vir my gewaag het. Dit is nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die heidennasies. Groete verder ook aan my liewe vriend Epenetus, die eerste bekeerling vir Christus in die provinsie Asië, en aan Maria, wat baie moeite vir julle gedoen het. Gee my groete ook aan Andronikus en Junias, my volksgenote wat saam met my in die gevangenis was; hulle is hoog aangeskrewe by die apostels en het voor my al Christene geword. En dan stuur ek ook groete vir Ampliatus, my liewe vriend in die Here, vir Urbanus, my medewerker in Christus, en vir my liewe vriend Stagis; ook vir Apelles-hy het gewys wat in hom steek as gelowige en al die ander gelowiges daar by hulle,” (Rom. 16:3-15, NAV).Dus: Maak oop, reik uit na ander, skerp jou mensekennis op!

© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za

Scroll to Top