
“Is jy gereed om verantwoordelikheid vir jou lewe te neem? Wil jy regtig bevordering hê, of is dit makliker om net oor geld te kla? Is jy gereed om te trou, om jou lewe met iemand te deel en af te sien van jou ou selfsugtige gewoontes?” Antwoorde op ons gebede kom dikwels teen ‘n prys. Die familie van ‘n verslaafde kan byvoorbeeld jare bid om verandering en as dit gebeur, het hulle hul eie krisis. Omdat hulle lewens om dié drama en disfunksionaliteit gedraai het, het hulle nooit geleer om op ‘n ander manier te lewe nie. Dan moet hulle besluit of hulle gaan aanhou om hulle probleme op ander te blameer of gaan aanvaar dat hulle hul eie probleme het. “Wil jy gesond word?”
Of jy daarvan hou of nie, wanneer jy vir God om oplossings vra, kry jy dikwels nuwe uitdagings. ‘n Kind kan sy behoefte na geld bevredig deur kruideniersware in sakkies te pak, maar as volwassene, sal hy hopelik groter behoeftes bevredig, soos hoe om vir sy gesin te sorg. Die goeie nuus is dat die oplossing van groter uitdagings groter belonings gee. God vra meer van jou deur jou te help. “Staan op, neem jou bed op en loop” (Joh. 5:8, OAV), verbrand die brûe van afhanklikheid en aangeleerde hulpeloosheid, en beweeg aan na groter dinge. Met ander woorde, kies om te lewe!
(c) 2009 Radiokansel.co.za



