
Toewyding is ‘n gewilligheid om te doen wat dit ookal vereis; ‘n belofte aan jouself, wat jy nie laat los nie. Daar’s ‘n verskil tussen belangstelling en toewyding. As jy belangstel, doen jy dit vir die gerief, maar ‘n toegewyde persoon aanvaar geen verskonings nie – net resultate.
Net jy kan besluit of die beloning die moeite werd is, want daar’s ‘n teendeel. Jy kan beswaarlik ‘n gesonde liggaam hê deur gemorskos te eet. ‘n Gewaarborgde inkomste bestaan nie as jy ‘n eie besigheid begin nie. Toewyding beteken dat jy baie insit. Dit beteken ook jy moet jou kritici ignoreer. Soos Jesus gedoen het. ‘Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word, Hy sê:…”Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo” (Markus 5:36 NV). Ralph Waldo Emerson het gesê: ‘Watter koers jy ookal op besluit, daar sal altyd iemand wees wat vir jou vertel dat jy verkeerd is. Daar kom altyd probleme na vore wat jou laat glo die kritici is reg. Om ‘n plan van aksie uit te werk en dit te volg tot aan die einde, verg moed.’
Bron : Radiokansel



