Petrus se besluit om te gaan visvang daardie aand was miskien omdat hy graag wou wegkom van alles en terugkeer na die plek waar hy die Here ontmoet het. Dit is ‘n goeie besluit! Wanneer jy moedeloos raak kan jy terugkeer na die Een wat jou kan red of
jy kan terugkeer na die dinge wat jou besig gehou het voor jy Hom ontmoet het. En dit is nie ‘n goeie besluit nie. Petrus het die hele nag visgevang sonder om ‘n enkele vis te vang. Hierin is ‘n belangrike les.
In die boek Openbaring het God aan die kerk gesê: “Verder volhard jy ook en het jy ter wille van My baie verdra sonder om moeg te word.
Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het. Dink terug aan hoe ver jy uitgesak het en kom tot inkeer, en doen weer wat jy aan die heel begin gedoen het” (Op 2: 3-5 NLV). Het jou liefde vir God koud geword? Indien wel, moet jy terugkeer na die plek waar jy Hom ontmoet het en Hom weer soek soos wat jy dit die eerste keer gedoen het voordat die eise van jou gejaagde lewe jou moeg gemaak het. “Maar ek is besig met die Here se werk” sê jy. Besigheid en dorheid loop hand aan hand.
Jesus het drie keer vir Petrus gevra: “Is jy lief vir My?” Uiteindelik het Petrus geantwoord, “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet” (Joh 21:17 NLV). Oswald Chambers het gesê, “Waak teen enigiets wat meeding met jou lojaliteit vir Jesus Christus. Die grootste mededinger vir toewyding aan Jesus, is diens aan Hom.” Dink daaroor.
© Radiokansel.co.za
Â