
Israel het in die wildernis vasgeval omdat hulle gedurig na Egipte terugverlang het. Elke keer wat God hulle beveel het om na Kanaän te gaan, het hulle gesê, ‘Maar daar in Egipte …’ Sommige mense kan nie die Christelike lewe geniet nie, omdat hulle altyd beinvloed word deur die pret van die wêreld wat die wêreld hulle bied.
Soos Israel, dink ons aan die knoffel en preie van Egipte, terwyl ons in die wildernis met manna ‘opgeskeep’ sit! Waar jy vandaan gekom het, mag dalk aanloklik lyk, maar God is nie daar nie; Hy is in jou toekoms.
Daar staan geskrywe: ‘As hulle daardie land bedoel het waarvandaan hulle geëmigreer het, sou hulle kans kry om weer terug te trek. Maar nou …hunker [hulle] na ‘n beter vaderland, naamlik dié een in die hemel. Dit is waarom God daarop trots is om as hulle God bekend te staan. Hy het immers vir hulle ‘n stad voorberei.’ (Hebreërs 11:15-16 NLV).
Wanneer jy saam met God wandel, moet jy alles in die stryd gooi om vooruit te beweeg.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)



