Daar’s jy nou!

conference3107

conference3107Duisende dames het die jaarlikse Vroue van Geloof-konferensies bygewoon. Nadat hulle gehoor het hoe een spreker na die ander God se liefde vir Sy kinders beskryf, het een gas hierdie e-pos gestuur: “In die fliek Hook het Peter Pan grootgeword, oud en oorgewig geraak en glad nie meer gelyk soos die Peter Pan wat die verlore seuns geken het nie.

Te midde van die seuns se geskree dat dit NIE Peter is nie, het een van die kleinste seuntjies hom aan die hand gevat en tot by hom laat af buk. Hy het sy hande op Peter se gesig gesit en sy vel rondbeweeg tot hy die gesig hervorm het. Toe kyk die seuntjie in Peter se oë en sê, ‘Daar’s jy nou, Peter!’

Ek het baie met my saamgebring na die konferensie wat net God kon sien. Deur die naweek kon ek God se hande op my gesig voel terwyl Hy al die ‘bagasie’ wat ek gebring het, wegstoot. Uiteindelik kon ek Hom hoor sê: ‘Daar’s jy nou. Daar is jy nou!'” God sê vandag vir jou dieselfde woorde, terwyl Hy die skoonheid wat die jare begrawe het, die sprankel wat die tyd probeer wegneem, weer vind. Hy sien jou en Hy is mal oor wie Hy sien.

Jy sê: “Ek is bang ek sal nooit iemand kry om my lief te hê nie.” God sê: “Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.” As jy God soek, en uitreik, sal God die regte mense in jou lewe bring.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top