Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Jou daaglikse geestelike oefening
Somtyds is dit nie wat ons doen wat die verskil maak nie; dit is ons daaglikse aksies. Vind elke dag ‘n plek waar jy alleen kan wees saam met God. Ry na ‘n stil plek of gaan uit om te loop as jy moet. Jy is dit werd. En probeer om elke dag se oordenking twee keer te lees. Jy sal verbaas wees oor die waarde wat jy die tweede keer daaruit kan put. As iets jou ersoonlik aangryp, merk dit. Dit is tog jou boek en jy kan daarmee maak wat jy wil. Wanneer jy klaar gelees het, neem ‘n paar oomblikke om te bid oor dit wat jy gelees het. Jy hoef nie “godsdienstig” te wees nie – praat net met God soos met ‘n vertroueling. Moenie probeer om al jou tekortkominge op een slag te hanteer nie, want dit sal jou net oorweldig en laat tou op gooi. Hanteer een ding op ‘n slag soos wat God dit aan jou bekend maak. Moet jou nie bekommer oor of jy dit wel kan doen of nie. Die waarheid is dat jy dit nie alleen kan doen nie! God het dit so bestem sodat jy op Hom moet steun en nie op jouself nie.
Dit is hoekom Paulus geskryf het: “Drie maal het ek die Here gesmeek dat dit my moet verlaat. Hy het egter vir my gesê, ‘My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk” (2 Kor 12:8-9 NLV). Onthou, ons bepaal nie ons toekoms nie – ons daaglikse gewoontes doen!