In vertroue op God

vertroue 1809a

vertroue 1809aDaar is net Een op wie ons werklik kan vertrou. In sy dagboek In vertroue op God wys Solly Ozrovech ons opnuut in Wie ons ons vertroue kan plaas.

In 366 oordenkings bepeins hy die woorde van Jesus soos onder andere gevind in die Bergpreek, sy gelykenisse, sy gebed vir sy dissipels en tydens sy kruisiging.

Van die temas wat die skrywer deurwerk, is: verkwik deur die Woord en die Gees, om alles op te offer, sy koningskap is ewig, verander deur sy liefde en verlossing vir die mensdom. Daarmee saam gee die outeur verskeie insiggewende betekenisse van sekere woorde, asook agtergrond en interessante inligting oor sekere Joodse tradisies om lesers se begrip van Jesus se woorde te verryk.

In vertroue op God sal lesers opnuut na die stem van ons Middelaar en Verlosser laat luister – dié Een wat ons verhouding met die Vader kom herstel het sodat ons kan deel in die goedheid waarmee God sy kinders wil seën.

(Lees meer)

Scroll to Top