Hy verstaan (1)

HyWasAl

HyWasAlDie Here verstaan waardeur jy gaan omdat Hy al was waar jy is. Die Bybel sê: “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.” (Hebreërs 4:15-16). Dit beteken die volgende:

1) Jesus verstaan jou familieprobleme. Hy het ook ‘n familie gehad, en op ‘n stadium het hulle gesê: “Hy het van Sy kop af geraak.” (Markus 3:21 NV).

2) Jesus verstaan dat jy oorweldig voel. “Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en Sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: ‘Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.'” (Markus 6:31 NV). Jesus moes nie net met werksdruk saamleef nie, Hy was ook verantwoordelik vir die organisering en opleiding van Sy volgelinge. Hierdie groep het ongeletterde vissermanne, ‘n skynheilige en ‘n veragte tollenaar ingesluit.

3) Jesus verstaan as jy verwerp voel. Sy gemeente het Hom verwerp: “Hy het na Sy eiendom toe gekom, en tog het Sy eie mense Hom nie aangeneem nie.” (Johannes 1:11 NV). Jesus se familie het Hom nie ondersteun nie. Ragab was ‘n prostituut, Jakob was ‘n skelm en Dawid was ‘n egbreker – Jesus verstaan.

Hy weet waarmee jy vandag sukkel en Hy kan jou help. Praat met Hom!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top