Hou op om jouself af te maak!

Charly_Brown

Charly_BrownDie strokiesprentkarakter, Charlie Brown, het van sy swak selfbeeld vertel: “Dit het begin die dag toe ek op die verhoog van die lewe verskyn het. Hulle het my een kyk gegee en gesê: ‘Hy is net nie reg vir die rol nie!'” Jy mag dalk glimlag, maar as jy jouself al jou lewe lank gésel, sal jy verstaan wat hy bedoel. Die man tussen die grafte het homself met klippe gekap omdat hy waardeloos gevoel het. Baie van ons doen dieselfde!

Jou selfbeeld is ondergeskik aan jou geloof in God. Dit maak nie saak wat ander van jou dink nie; wat wel saakmaak is wat jy van jouself dink – gebaseer op wat

God van jou dink! ‘Self’beeld moet uit jou ‘self’ kom. Dit is baie moeilik om ander mense te glo wanneer hulle goeie dinge van jou sê wat jy nie in jouself kan raaksien nie. Hoe jy ander mense behandel, berus ook op jou reserwe van eiewaarde en selfrespek. Dit is onmoontlik om “jou naaste lief te hê net soos jouself” (Matt 19:19 NLV), as jy nie eers van jouself hou nie. Paulus sê dat ‘n man sy vrou moet liefhê soos wat hy homself liefhet (Ef 5:28). Maar hoe kan jy jou maat liefhê as jy jouself verag?

Hou op om jouself af te maak! God het jou gemaak nes jy is, met die doel om jou te gebruik volgens Sy plan. Komplimenteer Hom op Sy goeie werk. En onthou, Hy het jou onvoorwaardelik lief – en dit is genoeg rede om jouself lief te hê!

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top