Hoe om ‘uitbrand’ te voorkom

burntout1102

Onthou jy die bos wat nie uitgebrand het nie? Sommige mense se eens brandende liefde vir God het later uitgebrand. Lojale werkers van die gemeente verdwyn skielik.

Herbert J. Freudenberger, ‘n sielkundige, beskryf uitbrand as ‘moegheid veroorsaak deur toewyding aan ‘n saak wat nie die verwagte beloning opgelewer het nie’. Hoe kan jy uitbranding voorkom?

Eerstens, vra om God se inset. ‘Vra vir God, Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie’ (Jakobus 1:5). God is die kundige; vra Sy raad.

Herskik tweedens jou prioriteite. As jy aan te veel dinge probeer aandag gee, sal nie een daarvan die nodige aandag kry nie. Leer om te weier. Jou gesin sal dit waardeer!.

Derdens, moet jy die kuns van danksegging aanleer. Freudenberger sê, ‘leer die gewoonte aan om die goeie dingetjies wat met jou gebeur raak te sien – en te troetel.’ Leer die vermoë aan om fisies te ontspan. Gebruik ‘n paar minute aan die einde van die dag om strekoefening te doen. Ontspan jou liggaam en gedagtes. Verbeel jou jy lê op die strand in die son en bak. Moenie oefening vergeet nie! Dis die beste medisyne vir uitbrand. Kies goed en moenie oefening doen wat nog meer spanning veroorsaak nie. Daar is ook ander maniere: gaan stap, lees ‘n goeie boek, span jou kreatiwiteit in, of doen sommer niks! James Thurber het gegrap, ‘It’s better to have loafed and lost, than never to have loafed at all.’

Laastens, moenie alles en almal probeer uitsluit nie, want die probleem sal net erger word. Praat eerder met ‘n vertroueling oor jou probleem.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top