Heel verhoudings

verhoudings2105

verhoudings2105Die lewe kan soms beskryf word met die baie bekende woorde: geld, goed en geboue. In ‘n vorige rubriek so twee jaar terug het ook hierna verwys. Hierdie woorde beskryf die wereld waarin ons leef. Die westerse samelewing heg waarde aan mense se ekonomiese bydrae tot die maatskappy. Die insette wat ek en jy dus lewer in die gemeenskap word dikwels gemeet aan ons tyd, geld en materiele bydrae. Die klem in Afrika is baie meer op verhoudings en die instandhouding van verhoudings. Die stam of familie speel hierin ‘n belangrike rol. Jy wil dus “behoort aan.”

Oswald maak die volgende stelling: “We are who we are related to.” Dit gryp terug na ons gesin van oorsprong. Waar kom ons vandaan? Ken jy jouself? Watter herinneringe het jy van jou gesin en familie?  Hierdie verhoudings waarin ons ons bevind sluit ook die onderlinge verhoudings by jou werk en gemeenskapsorganisasies in. Hoe praat jy oor ander? Watter waarde heg jy aan mense wat saam met jou werk? So maklik sien ons net die negatiewe in mense se optrede, terwyl daar in elkeen iets goeds is. In hierdie verhoudings moet daar ruimte wees vir foute en mense wat soms moeg raak. Die woorde van Oswald het my weer laat dink aan die omgee wat in jou en my lewe moet leef: “Om waarlik mens te wees, is om ruimte te skep vir foute, dit is om soms uitgeput in jou stoel te gaan sit, broos te wees en met ander te  deel dat jy hulle nodig het.” So ‘n heel verhouding is net moontlik as ons mekaar anvaar en omgee, selfs daar waar ander veroordeel.

Stephan van Heerden (www.klipkerk.co.za)

Scroll to Top