Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Hanteer vestings, redenasies en hooghartige aanvalle
Paulus het geskryf: “Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval . om dit aan Christus gehoorsaam te maak,” (2 Kor. 10:4-5, NAV). Wat moet jy vernietig? Vestings: Gebiede in jou lewe wat deur die vyand beset word. Redenasies: As jy altyd eerder ‘n slegte uitkoms vrees in plaas daarvan dat jy in God glo vir die beste. Hooghartige aanvalle: Denke wat nie gerig word deur God se Woord of Christus se heerskappy oor jou lewe nie.
Erken dat jy besig is om ‘n oorlog te voer. Ou kwessies en vrese sal keer op keer probeer om jou te beheer. Moenie dit toelaat nie! Wees versigtig wanneer jy vriende kies. As hulle skaars hulle eie koppe bo die water kan hou, hoe kan hulle jou dra? As hierdie goed oor jou lewe regeer, is daar geen plek vir Christus om op die troon van jou hart te sit nie. As hulle op die troon sit, hang Christus steeds aan die kruis. Plaas Christus op die troon en hang jou verlede aan die kruis!
In die Ou Testament mag ‘n priester nie in God se teenwoordigheid verskyn het as hy aan enigiets wat dood is, gevat het nie (sien Lev. 22:3-4). Dit beteken dat jy jou ou lewenstyl moet begrawe as jy saam met God wil wandel. Moenie eers daardie dooie kwessies aanraak nie. Dit beteken ook dat jy diegene wat jou seergemaak het, asook jouself, moet vergewe en dan moet aanbeweeg. Die probleem is nie of jy onthou nie, maar hoe jy onthou. God kan die angels uit jou herinneringe trek en dit eerder soet maak. Jy hoef nie gekniehalter of gepla te word deur dit waardeur jy moes gaan nie. Jy kan eerder daardeur verryk word!
Die uitdrukking 'wees versigtig' kom van die Griekse woord episkopos, wat toesig, oorsig en korrigeer beteken (dit is die oorsprong van die woord 'biskop'). Jy…
Little Johnny came downstairs crying loudly. His mother asked, “What’s the matter?” “Dad was hanging pictures, and just hit his thumb with a hammer,” said…