
Die boek kyk na vrae wat Christene gewoonlik te bang is om hardop te vra, soos: “Hoe moet ons verstaan dat God in beheer is as die wêreld só lyk?”
Die eerste hoofstuk bevat ook verskeie ware verhale van mense wat van die geskiedenis se grootste gruwels beleef het. Dit bied ’n agtergrond waarteen die res van die boek gelees kan word. God, waarom lyk die wêreld so? sal vir lesers lig bring te midde van groot seer en verwarring. ( Lees meer )




