
(1) Dit neem ons angs weg. As jy rus vind in God se liefde, kan jy met sekerheid sĂȘ: “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe,” (Ps. 23:6, OAV). Dit is ‘n sekerheid wat jy nie by jou bankbestuurder, jou makelaar, of enigiemand anders kan kry nie.
(2) Dit bevry ons daarvan om heeltyd te moet verduidelik. Ons word vrygemaak van die tirannie waaronder ons al die antwoorde moet hĂȘ. Ons kan sĂȘ: “Ek weet nie, maar ek vertrou op die Een wat weet.” Selfs die groot Apostel het sy hande in die lug opgegooi en gesĂȘ: “Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weĂ«!” (Rom. 11:33, NAV). Jy moet aanvaar dat ons nie kan verduidelik waarom God sommige deure toemaak en ander oopmaak nie, of hoe Hy iets sleg kan gebruik om iets goed te laat gebeur nie. Maar Hy kan en gewoonlik verduidelik Hy nie aan ons waarom nie.
(3) Dit keer dat ons nie hoogmoedig raak nie. Paulus skryf: “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge.” As jy God se almag slegs tydelik en beperk wil maak, raak dan ontslae van “alle dinge” in sy Skrif en ignoreer Romeine 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir diĂ© wat Hom liefhet.”
Wanneer God sĂȘ “alle dinge”, bedoel Hy dit! Jy het nou die eenvoudige keuse: vertrou God of speel God. Dis mos ‘n maklike keuse!
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)




