Drie soorte mense

lost-son1111

lost-son1111Wanneer jy val, sal daar kleingeestige mense wees wat nie bly is wanneer jy weer opstaan nie. Die ouer broer was nie gelukkig toe die Verlore Seun huis toe gekom het nie. Daar is nog steeds baie ouer broers van sy soort in die omtrek. Daar is basies 3 tipes mense:

(1) Die gebruikers. Hierdie mense wil jou sterkpunte benut, maar vermy jou swakhede. Wanneer jy in die moeilikheid is, sal hulle van die toneel af verdwyn, net in geval hulle goeie name dalk skade lei. Moet hulle nie verwyt nie; gebruikers is nie sleg nie, hulle is net onseker en selfdienend.

(2) Die versigtiges. Hierdie mense is in die meerderheid. Wanneer jy in die moeilikheid is, sal hulle wag en sien of jy self daaruit kom. En selfs dan sal hulle alle opsies oorweeg. Voordat hulle jou aanvaar, kyk hulle eers wie anders jou aanvaar. Paulus sê: “Gee erkenning aan die mense wat hard onder julle werk” (1 Tess 5:12 NLV). Wanneer dit by die versigtiges kom, wees lief vir hulle, maar moet nie jou lewe rondom hulle bou nie.

(3) Die toegewydes. Hierdie is die mense waarvan Salomo praat in Spreuke 17:17: “Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken.” (NLV) Daar is ‘n ou slagspreuk wat lui: “In die goeie tye ken jou vriende jou, in die slegte tye ken jy jou vriende.” As jy slegs ‘n handjievol toegewyde vriende het, is jy werklik geseën, want hulle sal altyd by jou staan. Hulle is sterk in geloof en in enige geveg. Hulle is gebore om jou te help. Beskerm hierdie verhoudings en versorg hulle, want sonder hulle kan jy nie jou doelwitte bereik nie.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top