
As jy wil verander Is die eerste persoon wat jy moet verander, jyself. Dokter Samuel Johnson het gesê, ‘Die persoon wat so min kennis van die menslike natuur het dat hy geluk najaag deur enigiets anders as sy eie gesindheid te probeer verander, sal sy lewe op vrugtelose pogings mors en die leed wat hy probeer verminder, net vermeerder.’ Die Bybel sê, ‘Ondersoek julleself.’ Dis slegs wanneer ons selfondersoek voor God doen, wat ons vasstel waar die ware stryd lê. Dan het ons ‘n keuse. Jy kan soos die pasiënt wees wat vasgestel het dat hy ernstige gesondheidsprobleme het. Toe die dokter sy x-strale aan hom wys en voorstel dat die man ‘n operasie moet ondergaan, het hy gevra, ‘Reg, dokter, maar hoeveel sal dit kos net om die x-strale te verbeter?’ Of, jy kan besluit om te verander!
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)



