
Toe Jesus die huis van Martha en Maria in Betanië besoek het, het Martha haar met die voorbereiding van die maaltyd vir Hom besig gehou; Maria het egter aan Sy lippe gehang. Albei optredes is natuurlik nodig, maar die Here sal altyd dié een wat met aanbidding aan sy voete sit en van Hom leer, kies. Luister na die Emmaüsgangers wat die opgestane Jesus ontmoet, maar Hom nie herken het nie: ‘”Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?”‘ (Lukas 24:32 NLV). God kan aan jou ‘n oplossing of strategie gee wat ‘n kantoor-probleem kan oplos. Hy kan jou laat ontspan sodat jy ‘n skooltoets met vlieënde vaandels slaag. Hy kan aan jou rigting vir die toekoms skenk, terwyl jy jou met beuselagtighede tuis besig hou. Al wat Hy vra, is dat jy ontvanklik en beskikbaar sal wees en op Hom sal reageer.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)



