
Ons ry deur die pragtige natuurskoon en ons verlustig ons in die omgewing. Teen dié tyd het my oë al gewoond geraak sonder my brille en sien ek eintlik nie te sleg nie.
Na ‘n lang ruk bereik ons ‘n groot oopte en ek merk dat my fokus eintlik perfek is. Ek sien tot doer anderkant in die fynste detail.
Instinktief dink ek aan die waarde van rus, en in my geval, hoe dit selfs my oë so goed doen.
So in die ry noem ek hierdie waarneming aan die ander.
“Is jy nou ernstig?” vra Jonè
“Jip!” antwoord ek heel in my skik.
“Jy weet jy het jou bril op…?” sê vra sy.
Nou ja, nodeloos om te sê die daaropvolgende gelaggery het selfs die hyenas getroef!
Mag jy hierdie jaar duidelik en sonder twyfel in Sy wil wandel, mag Vader jou naby die hart wees elke dag, mag jy Hom dien in Gees en waarheid en mag Sy vrede jou dag vir dag ontmoet en vergesel.
Johann de Jager



