
Daniel Webster: ‘Daar is geen grondige basis vir beskawing behalwe in die Woord van God nie. As ons hou by die beginsels wat in die Bybel geleer word, sal ons land voortgaan om voorspoedig te wees. Ek maak dit ‘n staande praktyk om die Bybel elke jaar deur te lees.’
William Lyon Phelps (eens beskou as die mees geliefde professor in Amerika en verbonde aan die Yale Universiteit): ‘Ek glo volkome in ‘n universiteitsopleiding vir beide mans en vroue, maar ek glo kennis van die Bybel sonder ‘n graadkursus is waardevoller as ‘n graadkursus sonder kennis van die Bybel.’
Sir William Jones: ‘Die Bybel bevat meer ware aanvoeling, meer pragtige skoonheid, meer suiwer moraliteit, meer belangrike geskiedenis en fyner lyne van poësie en welsprekendheid as wat gehaal kan word uit enige ander boek van watter tydperk of taal dit ookal geskryf kon wees.’
Robert E. Lee: ‘Die Bybel is ‘n boek waarvan alle ander boeke in vergelyking van mindere belang is. In al my verwardheid en wroegings het die Bybel my nog nooit gefaal om lig en krag te gee nie.’
Jean-Jacques Rousseau: ‘Die majestueesheid van die Skrif laat my verwonderd, omdat die suiwerheid van die evangelie ‘n invloed op my hart het. Kyk deur die werke van ander filosowe met al hul hoogdrawendheid en uitspraak, hoe gewoon, hoe veragtelik is hulle in vergelyking met die Skrif.’
Jou Bybel – lees dit elke dag.
Bron : Radiokansel



