Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Ervaar die onmoontlike!
Nadat die dissipels heelnag sonder sukses visgevang het, het Jesus vir Simon gesê: “Vaar nou dieper in en gooi jou nette uit.” (Luk 5:4) Kan jy jou voorstel wat hulle op daardie oomblik moes dink? Jou geloof word getoets wanneer: (a) niks wat jy probeer, werk nie; (b) die boodskap wat God vir jou gee, geen sin maak nie. Let op Petrus se antwoord: “Maar as U so sê sal ons weer probeer.” (Luk 5:5 NLV) Dit het gewerk! Moet nooit aan God twyfel nie. Hy is nie ondergeskik aan jou omstandighede nie! Een woord van Hom kan alles verander. “En hierdie keer was hulle nette so vol dat dit begin skeur het.” (Luk 5:6 NLV) Hier is 4 belangrike lesse vir jou vandag:
(1) Soms sal Hy jou by een ding betrek om jou ‘n les op ‘n ander gebied te leer. Binnekort sou Jesus die dissipels in selfs ‘n groter wonderwerk betrek – om menigtes te vang vir Sy koningryk.
(2) Hy sal die alledaagse gebruik om die ongewone te vermag. In hul werksplek, waar niks ongewoons nog ooit gebeur het nie, daag Jesus skielik op en alles verander. Soek Hom vandag in die alledaagse, anders mis jy Hom dalk.
(3) Hy sal jou van die veiligheid van die wal af na die diep water laat beweeg. Jy moet die groot storms trotseer om die groot vangs te kry.
(4) Wanneer jy God gehoorsaam, sal jou nette breek; jou behoeftes vervul word – alles tot Sy eer. Maar onthou, jy kan eers begin om die onmoontlike te ervaar wanneer jy kan sê: “Maar as U so sê sal ons weer probeer.” (Luk 5:5 NLV)