Die God van daarbo en hier onder

hilltops

hilltopsToe Moses die laaste keer die volk Israel toegespreek het, het hy gesê, “… daar is niemand soos God nie; Hy ry deur die hemel om jou te kom help…

Die ewige God is ‘n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou…” (Deut 33:26-27 NV). Soos wat ‘n mens die Bybel lees, ontdek jy dat God heelwat skouspelagtige goed vir Sy volk op bergtoppe gedoen het. Op die Berg Moria het Hy vir Abraham en Isak ontmoet en Homself openbaar as “Jehova Jireh”, wat beteken “Die Here sal voorsien”.

Op die Berg Horeb het hy met Moses deur ‘n brandende bos gepraat en die volk Israel se lot verander. Op die Berg Sinai het Hy die Tien Gebooie vir die volk gegee. Op die Berg Karmel het Hy vuur uit die hemel gestuur, die Baälprofete verteer en Sy volk se harte laat terugkeer na Hom toe. Maar skielik het Moses oor iets anders begin praat as die God van hoë plekke. Dit was asof hy gedink het: “Ek kan nie hierdie mense los met die gedagte dat God net hier bo is nie, dat Hy net by ons is wanneer alles goed gaan nie.” Dus het hy verder gesê: “Die ewige God is ‘n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou.” Dit kan ook vertaal word met: “God se arms is onder jou wanneer jy heel onder is.”

Dit maak nie saak hoe diep die vallei is waardeur jy moet gaan nie, God se teenwoordigheid is dieper. Hy is nie net die God van daarbo nie, Hy is ook die God van hier onder.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top