
Hierdie storie illustreer die krag van voorbidding. Weg van die skare, maar voor God se aangesig, is daar mense wat die hande van bediening ophou in gebed. Charles Finney het ‘n voorbidder gehad met die naam Abel Clary wat oral saam met hom gereis het. Finney het geskryf: “Mnr Clary het aangehou so lank as wat ek aangehou het, en hy het nie geloop tot ek weg was nie. Hy… het homself ten volle aan gebed oorgegee.” Finney het dalk ‘n impak gemaak, maar hy het dit nie alleen gedoen nie.
Die bediening van voorbidding is:
‘n Bediening van identifisering waarin jy saamstaan met ander.
‘n Bediening van opofferings wat van jou verwag om die lekker dinge en die gemak in jou lewe prys te gee.
‘n Bediening van gesag, want jou gebede skuif die hand van God namens ander.
Die God wat sê: “Ek het iemand tussen hulle gesoek wat in die bres sou tree…” (Esg 22:30 NV), soek vandag na voorbidders.
Bron : Radiokansel


