Wendy Maartens bied vir ouers die perfekte oplossing vir daardie tye wanneer hulle hul kinders wil leer om stil te word by God.
Die 50 stukkies in Dagstukkies vir klein hartjies begin elk met ’n kort oordenking en ’n Bybelvers om te onthou. Daarna word die kind se geloofsgroei ver-der gestimuleer deur iets om oor te dink, ’n gebedjie en iets om te gaan doen. So leer hulle sommer vroeg dat jy dit wat jy in die Bybel leer elke dag deel van jou lewe moet maak.
Dagstukkies vir klein hartjies sal kleintjies leer om hul liggies vir Jesus te laat skyn, hoe spesiaal hulle vir God is, om dankie te sê en selfs hoe belangrik dit is om te wag tot God ja sê.
Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op ’n prettige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.
Die kleurvolle boek sal kinders leer om elke dag stil te word by God en nader aan hul Skepper te groei. ( Lees meer)