God wil hê sy kinders moet deur Hom gelukkige en vervulde mense wees. Stap dan die pad na vrede saam met Milanie Vosloo en die God van vreugde. Jou voetpad na vrede se 366 dagstukke bespreek temas soos hoop, eerlikheid, nuut glo, gee en ontvang, geluk en jy kan maar net jý wees. Hierdeur sal lesers die versekering ontvang dat gelowiges weer kan probeer omdat ons onder God se vergifnismantel leef, dat daar altyd hoop is ten spyte van donker oomblikke en dat ons mense met rustigheid kan wees omdat God ons lei. Milanie se gebed vir haar lesers is dat Jou voetpad na vrede hulle sal oortuig dat God hulle nooit uit sy hand sal laat val nie en dat hulle opnuut bewus sal word van sy liefde en genade-arm om hulle. ( Lees meer )
Related Posts
Die oorwinning
Cory Brand, hoofligabofbalspeler, is bekend vir sy uitmuntende boflopies, maar in sy persoonlike lewe ly hy verskeie neerlae. Na jare van wilde partytjies en ’n…
Hoop – ons lewensanker
Adrio König ondersoek in Hoop – ons lewensanker die lyn van hoop deur die Bybel: die hoop wat deur die Ou Testament loop dat God…
Empire’s End
Empire’s End tells the story of a man who singlehandedly turned the Roman Empire on-end. Only a few snapshots of Paul’s life are revealed in…
Stres in die werkplek
Werk is dikwels ’n liefde-haat-saak. Jy kan nie son-der jou werk nie, maar is dit nie die ding waaroor jy die meeste kla nie? Stres…