Bring jou ‘kwessies’ na Jesus toe

desperate1510




Untitled Document

desperate1510Worstel jy al baie lank met ‘kwessies’? Is jy moedeloos omdat geen oplossing werk nie? Is jy mismoedig omdat jy gedink het dat jou huwelik herstel, jou gesondheid beter, en jou skuld afbetaal sou wees, en dat jou ‘kans’ nou al daar moes wees? Indien wel, doen wat hierdie vrou gedoen het, ‘…’n Vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van Sy klere geraak. Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan Sy klere kan raak, sal ek gesond word.”‘(Matteus 9:20 1983-Vertaling). Sy het drie opsies gehad. Sy kon gedink het: 1) ‘Niks gaan verander nie’ 2) ‘In so ‘n groot skare sal Jesus my nie raaksien nie’, of 3) ‘Al kan ek tog maar net aan sy jas raak, sal ek gesond word.’ Sy het die derde opsie gekies, jy moet ook. Ignoreer die teëpraters, maak jou twyfel stil, praat uit geloof en beweeg nader na Hom.

Matteus skryf, ‘So het die uitspraak van Jesaja waar geword wat lui: “Hy het ons kwale sy eie gemaak, en ons siektes het Hy op Homself geneem.”‘ (Matteus 8:17 NLV). Jesus het jou lief en wil jou heelmaak. Jou verlede maak nie saak nie, so ook nie die omstandighede van vandag nie. Die enigste ding wat wel saak máák is om Hom in geloof aan te raak. Wat Jesus aan hierdie vrou gesê het, sê Hy vandag aan jou: ‘”…omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword. Gaan in vrede” …’ (Markus 5:34 NLV). Bring jou kwessies na Jesus toe en laat Hy jóú aanraak.

Bron : Radiokansel


Scroll to Top