Hy verstaan (2)

0519 145803

0519 145803Stel mense jou teleur? Jesus verstaan – op die laaste het die mense waarvoor Hy lief was en die waarop Hy gereken het Hom in die steek gelaat.

Is jy moeg vir al die eise wat aan jou gestel word? Jesus verstaan – “Baie mense het na Hom toe gekom met verlamdes, blindes, gebreklikes, dowes en nog baie ander, en hulle voor Hom neergesit. Hy het hulle gesond gemaak…” (Matteus 15:30 NV).

As jy wonder hoekom Jesus moeg geword het as Hy dan God was, is die antwoord: Hy was God en mens. Hy moes God gewees het om ons te red en mens om vir ons te sterf. “Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit.” (Johannes 4:6 NV).

Is jy al ooit beskuldig van iets wat jy nie gedoen het nie? Jesus verstaan – Hy was “‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars” genoem (Matteus 11:19 NV). “Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het vals getuienis teen Jesus probeer kry sodat hulle Hom kon doodmaak.” (Matteus 26:59 NV). Jesus het egter gesê: “‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie.” (Johannes 15:20 NV).

Wanneer jy besluit om vir Jesus te volg, stel jy jouself beskikbaar vir ‘n lewe van groei, maar ook teëspoed. Hoekom het Jesus deur al hierdie dinge gegaan? “Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy die help wat versoek word.” (Hebreërs 2:18 NV).

Hy het self al die pad gestap waarop jy nou is. Daarom weet ons dat Hy ons sal verstaan en ondersteun.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top