Botterblomme is taai – elke lente bars hulle uit die droë aarde, nog voor die eerste reën geval het, en verkondig die heerlike waarheid van léwe in ’n omgewing wat so dood lyk.
Het jy geweet dat elke vrou ʼn botterblom-lewe in Christus kan hê? In Botterblom neem Maretha Maartens vroue op ’n staptog deur 366 dagstukke. Sy vestig in elke dagstuk eers ons geloof op die vaste grond, die bodem van die Ou Testament, deur terug te stap na die profesieë, poësie en die openbaringe van God daarin. Dan beweeg sy aan na ʼn gedeelte uit die Nuwe Testament. Só word die skat van die Bybel oopgemaak. Die dagstukke is ook genommer van 1-366 sodat die leser nie aan datums gebonde is
nie.
Elke vrou sal in Botterblom ontdek dat sy deur God se liefde haar wortels diep kan plant in God se beloftes en elke dag van krag tot krag kan groei. ( Lees meer )