Bergpiek-ervarings

RKLogo_Reg

RKLogo_RegOp ‘n dag het Jesus sy dissipels na die piek van ‘n berg geneem waar hy voor hulle oë verander is: “Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. Skielik het Moses en Elia aan hulle verskyn en met Jesus gepraat,” (Matt. 17:2-3). Petrus was so vasgevang in die ervaring dat hy net daar wou bly: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia,” (Matt. 17:4). Maar Jesus het “Nee” gesê en hulle teen die berg afgelei om die besete seun te bedien. Dit is goed om bergpiek-ervarings saam met God te hê, maar jy kan nie daar bly nie. Daar is werk wat gedoen moet word en jy is geroep om dit te doen!

In die Ou Testamentiese tabernakel het die Hoëpriester een maal per jaar in die Allerheiligste ingegaan waar hy bevoorreg was om die heerlikheid van God te sien. Tog word die werk van die Here buite tussen die mense verrig! Verbeel jou om in so ‘n mate in God se teenwoordigheid te wees, dat die hele gebou rondom jou skud. Dit het met Jesaja gebeur (sien Jes. 6:1-4). Tog moes hy daarna uitgaan en die doelwitte van God gaan bewerk. Daar is ‘n balans. Ons moet kwaliteittyd saam met God deurbring en dan moet ons die antwoorde wat ander rondom ons nodig het, uitdra vanuit sy teenwoordigheid.

Paulus het gesê: “Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie.” Paulus het nie geroem oor dit wat Christus vir hom gedoen het nie, maar dit wat Christus deur hom gedoen het. Verstaan jy die konsep? Dit is tyd om van die berg af te kom en te kom werk!

Scroll to Top