
Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop. Hier was dit kniediep. Hy het nog 500 meter afgemeet en my deur die water laat loop, dit [het] tot by my heupe gekom. Toe meet hy nog 500 meter af, maar toe was die water ‘n rivier waardeur ‘n mens nie kon loop nie, [dit] was diep genoeg dat ‘n mens daarin kon swem. Hy het vir my gesê; “Waar die water ook al vloei, sal alles lewe, vrugtebome sal aan weerskante van die rivier groei. Die blare sal nooit verlep nie en daar sal altyd vrugte wees. Daar sal elke maand ‘n vrugteoes wees, want die bome kry hulle water van die rivier wat uit die tempel vloei” (Esegiël 47:3-12 NLV). Let op, die rivier vloei van God af. Hy is die een wat jou toekoms bepaal en jou seën uitdeel. Dit maak nie saak wie saai en wie natgooi nie, ‘Die belangrike Een is God, want dit is Hý wat laat groei’ (1 Korintiërs 3:7 NLV). Slegs God bepaal wat die mate van jou seën is, bêre dus jou ou maatstok!
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)



