Michael Drosnin het ‘n boek geskryf oor ‘n man wat meer rykdom wou hê, en toe een van die grootste finansiële konglomerate van ons era geskep het. Hy wou meer avontuur hê, toe breek hy verskeie lugspoed rekords en bou lugvaartuie. Hy wou meer mag hê, toe bekom hy enorme politiese invloed en word deur mede-politici beny. Hy wou meer betowering hê en betree toe die filmbedryf. Drosnin vertel ook in die boek hoe die man se lewe geëindig het: “Hy was steeds ‘n magsfiguur, maar met een voet in die graf. Sy liggaam was ‘n uitgeteerde 55kg…’n dun baardjie wat tot op sy bors gehang het… lang, onversorgde vingernaels. sy tande swart en verrot. ‘n Gewas was besig om aan die kant van sy kop te vorm. sy liggaam vol naaldmerke. Howard Hughes was ‘n verslaafde. ‘n Baie ryk dwelmslaaf.”
Die vraag is: As Hughes dit kon regkry om nog een groot transaksie te beklink, nog een avontuur te beleef, sou dit genoeg wees? Dis ‘n illusie dat ons meer dankbaar sal wees as ons meer dinge
Is dit nie interressant dat die Man wat geskryf het: “Ek het geleer om tevrede te wees”, ook geskryf het, “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle in Jesus Christus verwag” (1 Tess 5:18 NLV)?
Jy
© 2009 Radiokansel.co.za


