Om verantwoordelikheid te aanvaar (3)

Radio KanselWanneer
jy voor enige groot uitdaging in jou lewe te staan kom, gaan jy die volgende
teëkom op jou pad: (a) pessimiste wat beweer dat dit onmoontlik is; (b)
padblokkeerders wat struikelblokke in jou pad gaan sit; (c) ‘n groot
waarskynlik dat jy gaan misluk voordat jy slaag. Wie is lus vir so-iets?
Wenners! Dit het waagmoed gekos om Egipte agter te laat, deur die woestyn te
trek en te wonder: “Is ek enigsins besig om vordering te maak?” Om dan voor die Rooisee te staan en te besef dat jy
sonder ‘n wonderwerk beslis sal verdrink, terwyl jy dink: “Niemand was nog
ooit in hierdie situasie nie, wat as dit nie werk nie?” Om
verantwoordelikheid te neem, beteken dat jy gelowig uit jou gemaksone moet
tree, alhoewel daar geen riglyne is wat jy kan volg nie, geen logika om aan vas te hou
nie en vriende het wat wonder of jy dalk mal is.

Die een
kwaliteit wat alle suksesvolle mense in gemeen het, is die vermoë om ten volle
verantwoordelikheid te aanvaar. Generaal Eisenhower het die verantwoordelikheid
gehad om die D-Dag inname te beplan tydens die Tweede Wêreld Oorlog. Hy moes
die moeilike besluit neem om die bevel te gee om voort te gaan, al het hy
geweet dat dit duisende se dood sou beteken. Tog, as dit suksesvol sou wees,
sou dit hulle oorwinning oor die Nazi’s beteken. Eisenhower het in die ure voor
die aanval ‘n persverklaring geskryf wat hy sou gebruik het indien die aanval
nie sou slaag nie. Dit het die volgende gesê: “Ons aanval het misluk en ek
het ons troepe teruggeroep. My besluit om ‘n aanval op hierdie tyd en plek te
loots, was gebaseer op die beste beskikbare inligting. Die grond troepe, die
Lugmag en die Vloot het dapper en toegewyd hulle plig gedoen. As daar enige
blaam op iemand gelê moet word, is dit slegs op my.”As jy wil hê dat ander
jou moet vertrou en vir jou beter geleenthede, hulpmiddele en hulle samewerking
moet gee, neem dan die verantwoordelikheid en pas dit getrou toe op elke gebied
van jou lewe!

© 2007
Radiokansel. www.radiokansel.co.za

Scroll to Top