
Mense is wonderlik, maar hulle kan jou dreineer. Soos wat jou loopbaan en roeping groei, gaan dit net al hoe meer so wees. Dit sal jou voortdurende aandag om jouself te hernu vereis. As jy dit nie doen nie, gaan niemand rondom jou dit vir jou doen nie. Werk hard, maar speel net so lekker. Skeduleer dit. As jy dit doen, sal jou gedagtes helderder wees, jy sal beter besluite maak, jy sal die lewe anders sien en jy sal veel meer regkry.
Antwoord hierdie vrae: Hoe gereeld skeduleer jy tyd vir rus en ontspanning? Wat doen jy om jou brein te laat rus by die werk? By die huis? Wat sou jy gedoen het as jy een hele dag vir jouself gehad het?
As jy sukkel om daardie vrae te antwoord, moet jy bid: “Here, leer my hoe om te rus. Wys my hoe ek na U kan draai en hernu kan word.”
Bron : Radiokansel




