Aanvaar hulp

help0405

help0405Ons wil nie om hulp vra nie, want dit sal ons “beeld” skade aandoen. Dit kan gevaarlik wees! Ons moet nie net die Here nie, maar enigeen wat Hy na ons stuur, ontvang. Luister: “Hy was daar vir 40 dae terwyl Hy deur die Satan versoek is… en engele het Hom versorg” (Markus 1:13 NLV). Selfs Jesus het die krag van ander nodig gehad. Nadat Hy vir 40 dae gevas het, was Hy honger en Satan het hom probeer versoek: “… beveel hierdie klippe om brode te word” (Matteus 4:3 NLV).

Dis baie moeilik om ‘n onetiese oplossing vir ‘n geldige behoefte te weier. Al was hy die Skepper van die engele, het Jesus hulle toegelaat om Hom te versorg. Die meerdere was bereid om hulp van die mindere te aanvaar. Wat ‘n les vir ons!

As jou pyn onuitstaanbaar word, gee jy nie om wie Goed gebruik om jou te help nie! Wanneer jy dodelik siek is, maak dit nie aan jou saak wie die dokter is nie. Sy/haar kerkverband of etniese agtergrond kan jou nie skeel nie, want jou behoefte is te dwingend. Jy het miskien iemand nodig, maar jy vertrou niemand nie. Vertrou God! Wie dink jy het jou tot dusvêr gedra? Luister: ‘”Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie, en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie,” sê die Here wat jou liefhet.’ (Jesaja 54:10 NLV). Wanneer God Sy liefde in enige vorm aan jou betoon, moenie te trots wees om dit te aanvaar nie. Wanneer jy Sy liefde aanvaar, aanvaar jy Hom!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top