Dassies

‘n Dassie lyk soos ‘n konyn, maar hy kan nie soos hulle hardloop nie. Hy lyk soos ‘n mol, maar hy kan nie so diep grawe nie. Dus beweeg hy rond op hoë plekke en maak van klipkoppies sy blyplek en veilige vesting.
Wat is die boodskap van die dassie? Herposisioneer jouself! Hoe?

(1) Deur te besef wie jy in Christus is. Wanneer jy Jesus as jou Redder aanvaar, verander jou status handomkeer in God se oë. Jy word nie meer as ‘n buitestaander gesien nie, maar as ‘n volledig aanvaarde lid van God se uitverkore gesin met direkte toegang tot jou Hemelse Vader, en al die ander regte en voorregte wat daarmee gepaardgaan. Wanneer jy dit besef, begin jy om kragtig, in plaas van swak, en moedig, in plaas van vol vrees, te lewe. Wanneer dit gebeur, begin jy om vir meer te vra in jou gebede, om meer in God te glo en om meer van sy seëninge te geniet.


(2) Deur te erken dat jou tekortkominge nie vir God aan bande lê nie. Vir wie gebruik God? Mense met “nie veel krag nie” (vers 26, NAV). Hoe? Deur hulle in kragtige posisies te plaas. Soms beteken dit dat hy aan hulle ekstra ondersteuning gee. Wanneer jy ‘n gebreekte been het, gaan jy nie die gips op jou sterk been sit nie, maar op die gebreekte een. As God moet, sit Hy jou in gips en laat Hy jou selfs voor die ander wat selfvoldaan of kermend rondom jou sit, by die doel uitkom.
Mense “wat nie magtig is nie” prys God op ‘n ander manier! Ander mense prys Hom omdat hulle verhewe voel, maar nie dassies nie. Hulle onthou waar hulle was toe God hulle gevind het en waardeur Hy hulle al gebring het en hulle sê: “As die Here ons nie gehelp het nie .” (Ps. 124, NAV).
Kopiereg 2008 Radiokansel (www.Radiokansel.co.za)
Scroll to Top