
Die boek bespreek uiteenlopende aktuele vrae, soos:
Dien alle gelowiges dieselfde God?
Bestaan die hel regtig?
Wat is die sin van lyding?
Mag ek twee keer gedoop word?
Is die einde van die wêreld regtig naby? Die boek is in temas ingedeel met vrae onder elke tema vir maklike naslaan. Stephan Joubert, Hermie van Zyl, Adrio König, Milanie Vosloo, Johan Smith, Kobus Kok, Coen Slabber en Francois Malan het bydraes gelewer. Die vrae en antwoorde het verskyn op www.bybelkennis.co.za.88 kwelvrae wat gelowiges pla se eerlike en Bybelsgebaseerde antwoorde verhelder verskeie belangrike kwessies en sal niemand in die duister laat nie. (Lees meer)




