
Op insigryke en deernisvolle wyse vertel hierdie gesoute skrywer Andries se storie. Die sielvolle illustrasies maak kinders se reis saam met Andries ‘n nog groter werklikheid. Daardeur kan kinders siekte, hartseer en die dood ‘n bietjie beter verstaan en hanteer.
Die tweede afdeling bevat antwoorde op tipiese vrae wat kinders oor die dood en die hemel vra.
Met behulp van hierdie boekie sal dit vir ouers makliker wees om sinvolle gesprekke met hul kinders te kan hê oor die lewe, die dood en die ewigheid saam met God (lees meer)




