Larry Moyer vertel die verhaal van ‘n tronkbewaarder wat ‘n terdoodveroordeelde gevangene gevra het wat hy as sy laaste maaltyd wou eet. Hy het gesê, ”n Groot porsie waatlemoen.’ Die bewaarder het geantwoord ‘Jy speel seker! Dis nie die regte seisoen nie. Waatlemoene is nog nie eens geplant nie, laat staan nog geoes.’ Die gevangene het geantwoord ‘Alles reg. Ek gee nie om om te wag nie.’
Die vraag is: gee jy om om te wag? Hoe tree jy op wanneer dinge te stadig na jou sin vorder? Beleefd, of nie so beleefd nie?
‘n Bekende predikant skryf, ‘Ek was in ‘n stadige ry van ‘n winkel en het reeds lank gewag om vir slegs een item te betaal. Die mense voor my het trollies vol inkopies gehad. Iemand anders is boonop gehelp, terwyl dit eintlik my beurt was. Toe ek op lange laas by die betaalpunt kom, het die kassiere gesê, ‘Dankie dat u bereid was om te wag. Is u wie ek dink u is die prediker op die televisie? Ek het die oomblik wat u ingestap het, geweet dis u.” Ek het gedink, “Sê nou net ek het onbeskof opgetree en ‘n bohaai opgeskop omdat iemand anders voor my gehelp is?”
Ongeduldige optrede kan ons getuienis verongeluk.’ Wanneer jy egter die lewe se irritasies deur God se oë sien, verander jou perspektief op situasies wat jou geduld beproef. Jy begin hulle as vriende beskou, en nie as vyande nie. Jy besef dat God hulle gebruik om jou volwasse te help maak. Dus, ‘Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebreke kan wees en niks kortkom nie.’
Bron : Radiokansel