Wie Se ‘Verslag’ Sal Jy Glo?

fear

fearFrank Furedi het ‘n toenemende beklemtoning van vrees in die media gedokumenteer deur te tel hoeveel keer die term ‘at risk’ in Britse koerante verskyn. In 1994 het die term 2 037 keer verskyn. Teen die einde van die volgende jaar het die getal verdubbel.

In die jaar 2 000, is ‘at risk’ meer as 18 000 keer gedruk. Het die wêreldgevaar dan in ses jaar negevoudig toegeneem? Of kry ons net slegte nuus vinniger, soos dit gebeur? ‘Inligtingoorlading’ het die mees gemedikeerde generasie gelewer wat aan die mensdom bekend is. Nie net het ons nie, maar ook ons kinders, meer antidepressante en kalmeermiddels nodig nie. Selfs ons troeteldiere gebruik dit! Dank God vir verhoogde mediese kennis, maar jy moet vra: ‘Hoe het mense in die outyd reggekom? Wat het hulle gedoen wanneer hulle totaal gestres was?’

Hier is woorde waarmee sommiges van hulle elke oggend wakker geword en elke aand bed toe gegaan het: ‘Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. … Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou … Die regverdiges word deur die Here gered; Hy is hulle toevlug in tyd van nood. Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle want hulle skuil by Hom’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top