Wanneer jy op ‘n konfliksituasie afkom, het jy altyd twee keuses, jy kan bydra tot die spanning en die moeilikheid aanvuur of jy kan vrede bewerkstellig. Jy kan ‘n moeilikheidmaker of ‘n vredemaker wees. Zig Ziglar vertel ‘n verhaal van ‘n klein seuntjie wat deur drie boelies gepla is. Enigeen van die drie kon hom met die aarde gelyk maak en dit was duidelik dat dit presies hulle idee was. Die klein outjie was egter baie slim. Hy het teruggetree, ‘n lyn in die stof getrek, nog ‘n paar treë teruggestap, die grootste boelie in die oë gekyk en vir hom gesê: “Trap nou net oor daai streep!” Die grootste boelie het dit toe gedoen. Die seuntjie breed geglimlag en vir die boelie gesê: “Mooi so, nou is ons altwee aan dieselfde kant!”
Vredemakers soek altyd ‘n neutrale gebied, en probeer dan om hulle almal daar te kry. Hulle doel is om ‘n wen-wen situasie te bewerkstellig. Barnabas, wie se naam “seun van beloning” beteken, het opgest aan vir die nuwe bekeerling, Saulus van Tarsus, toe hy nog ‘n onbekende vir die kerkleiers in Jerusalem was. Wanneer ‘n mens na Paulus se geskiedenis kyk, kan mens hulle ook nie blameer nie. Barnabas het egter nie vasgekyk teen Paulus se verlede nie, hy het sy potensiaal raakgesien. Sy raad aan die apostels was basies: “As julle hierdie perd kan inspan en in die regte rigting stuur, sal julle die reisies wen.” En hy was reg gewees. Saulus die Vervolger het Paulus die Apostel geword! Maar Barnabas moes eers sy eie reputasie op die spel plaas. Wanneer jy ‘n vredemaker is, beteken dit dat jy kanse moet waag om mense te vertrou, deur eerder te kyk na positiewe aksies uit hulle verlede as na die foute wat hulle gemaak het.
Die feit van die saak is dat vredemakers ‘Groter prentjie denkers is’ – hulle laat hulle lei deur genade, nie deur kleinlike opinies of tydelike omstandighede nie. Is jy gereed om ‘n vredemaker te wees?
Kopiereg 2007 Radiokansel / www.radiokansel.co.za