Gebruik wat God vir jou gegee het!

RKLogo_Reg

RKLogo_RegPetrus sê: “Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat” (1 Pet 4:11 NLV). Wanneer God vir jou ‘n taak gee, rus Hy jou ook toe om daardie taak te vervul. Deur jou talente te ondersoek kan jy jou roeping onderskei. Winston Churchill het gesê, “In elke mens se leeftyd is daar ‘n spesiale oomblik wanneer jy op die skouer geklop word met ‘n geleentheid om ‘n baie spesiale ding te doen, uniek volgens jou talent. Wat ‘n tragedie as jy onvoorbereid en ongekwalifiseerd aangetref word vir wat jou grootste oomblik kon gewees het.”

Jy kan nie altyd wees wat jy wil wees nie, maar jy kan wees wat God wil hê jy moet wees. Dit is omdat Hy ons take toewys “vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid” (Matt 25:15 NLV). Waarvan hou jy en kan jy doen? Is dit musiek, syfers of om met kinders te werk? Paulus sê: “Elkeen van ons ontvang ‘n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel” (1 Kor 12:7 NLV). Dit beteken dat take wat ander verveel jou sal verryk.

Die Bybel sê dat God ‘n “Geestelike tempel” (1 Pet 2:5 NLV) bou, met plek vir elkeen van ons. As jy dit weet sal jy nooit weer minderwaardig voel omdat jy nie dieselfde talente as ander het nie. Dit definieer ook jou werklike verantwoordelikheid deur weg te doen met die mite dat jy veronderstel is om alles te doen. Nee, jou doel is om binne die grense van God se plan vir jou te bly. In stede van verskoning maak vir talente wat jy nie het nie, ontdek eerder die gawes wat God vir jou gegee het en wend dit tot voordeel van Sy Koningkryk aan.

© Radiokansel.co.za

 

Scroll to Top