
Jy kan nie altyd wees wat jy wil wees nie, maar jy kan wees wat God wil hê jy moet wees. Dit is omdat Hy ons take toewys “vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid” (Matt 25:15 NLV). Waarvan hou jy en kan jy doen? Is dit musiek, syfers of om met kinders te werk? Paulus sê: “Elkeen van ons ontvang ‘n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel” (1 Kor 12:7 NLV). Dit beteken dat take wat ander verveel jou sal verryk.
Die Bybel sê dat God ‘n “Geestelike tempel” (1 Pet 2:5 NLV) bou, met plek vir elkeen van ons. As jy dit weet sal jy nooit weer minderwaardig voel omdat jy nie dieselfde talente as ander het nie. Dit definieer ook jou werklike verantwoordelikheid deur weg te doen met die mite dat jy veronderstel is om alles te doen. Nee, jou doel is om binne die grense van God se plan vir jou te bly. In stede van verskoning maak vir talente wat jy nie het nie, ontdek eerder die gawes wat God vir jou gegee het en wend dit tot voordeel van Sy Koningkryk aan.
© Radiokansel.co.za



