William Barclay het gesê: ‘Dis moeiliker om iemand anders geluk te wens op hul sukses as dit met eie teleurstelling gepaard gaan, as om met hul hartseer te simpatiseer.
Slegs as die eie ek dood is, kan ons net soveel vreugde met ander se sukses hê, as met ons eie.’ Karen Ehman se huis was vir twintig maande lank in die mark toe ‘n vriendin bel om te sê hare is binne twintig dae verkoop. Ehman sê: ‘Alhoewel ek bly was, het ek jaloers gevoel – daardie ‘arme ek’-gevoel as God iemand anders se gebede verhoor, maar nie myne nie.
As ‘n kind het ek kinders uit twee-ouer gesinne beny. Op hoërskool was dit ander meisies se voorkoms en mooi klere. Ek het gewoonweg geIyk, en ofskoon ek seunsvriende gehad het, was ek geeneen se meisie nie. Na my troue het ek miskrame gehad en moes ek telkens maar ‘n glimlag veins as ek nog ‘n ooievaarstee bywoon.
Om jaloesie te genees, is nie maklik nie. Maar as jy vir God vra sal Hy jou vertel van groot en onverstaanbare dinge (Jeremia 33:3 NV). Instede daarvan om Hom te vra om my huis te verkoop, my pyn te verlig en my kinders reg te kry, moet ek vra wat Hy my wil leer wat ek andersins nie sal leer as Hy my red nie. Watter kwaliteite wil Hy in my laat groei?
God staan gereed om ons gebede te verhoor soos Hy goeddink. Paulus skryf: ‘Wees bly saam met die wat bly is en treur saam met die wat treur.’ Soos Christus moet jy beide kan doen.
Bron : Radiokansel